
Platberg
Kleuterskool

Baie welkom by
Platberg Kleuterskool
waar ons speel-speel leer aan die voet van Platberg.
Platberg Kleuterskool is gevestig in Januarie 2000 en is gestig hoofsaaklik om as voedings bron
vir Harrismith Primêre Skool te dien.

Klasse


Ons het begin met 2 klasse en het sedertdien uitgebrei na 8
klasse vir die volgende ouderdomme:
Dolfyne + Apies


Babas en Peuters


Bytjies
Gr. RRRR


Uiltjies
Gr. RRR

Hasies + Eendjies
Gr. RR

Perdjies +Katjies

Gr. R

Die kleuterskool het in 2019 die behoefte raakgesien om ons aanbieding uit te brei om verdere
klasse beskikbaar te stel en verwelkom sedert 2020 babas vanaf 3 maande regdeur tot Gr. R.

Doelwitte
-
Om 'n kinder-vriendelike omgewing te handhaaf wat veilig, beskut, omgee en stimulerende aktiwiteite voorsien.
-
Om die ontwikkeling en opvoeding van kinders deur spel te verbeter.
-
Om kinders aan te moedig om selfvertroue en ‘n gesonde selfbeeld te ontwikkel terwyl hulle individualiteit kweek.
-
Om kinders se sosiale, intellektuele en fisiese ontwikkeling deur spel-en gestruktureerde aktiwiteite te bevorder.
-
Om kinders voor te berei vir n gladde oorgang van kleuterskool na die laerskool.
-
Om deurlopend elke kind se vordering waar te neem en te assesseer sodat die kind se vordering vasgelê en gemonitor word.
-
Om ouers se vertroue in ons te eer dat ons hulle kind sal koester en hulle kwaliteit sorg gee.
-
Om binne die riglyne van die vroeë ontwikkelingsjare te werk.
-
Om ons speelgrond te onderhou en te ontwikkel (indien nodig) in die pragtige kondisie wat dit reeds is.
-
Om binne die riglyne en vereistes van die regulatoriese liggame ons skolering aan te bied.
-
Om as vennote met ouers en assistente te werk.
-
Om genoeg befondsing te genereer om die kleuterskool se maandelikse en jaarlikse begrotings te bereik en ons finansiële verpligtinge na te kom en om ‘n volhoubare bestaan na te streef.


.png)
Christelikke Waardes
God se belofte aan ons:
Esegiël 34:31 “Julle is my kleinvee, julle is die volk vir wie ek sorg en Ek is julle God”